Welkom by die NG Gemeente George-Suid se webwerf.

Ons is ‘n geloofsgemeenskap met ‘n gereformeerde belydenis. Ons wil ‘n dinamiese gemeente wees met ‘n strategie om die middestad met sy eiesoortige demografie inklusief te bedien. Ons sien die veranderende geografie in ons omgewing as ‘n uitdaging om mense grensloos vir die Koningkryk van God te bereik en te bedien. Sodoende wil ons ‘n gemeenskap word waar almal  welkom is, sodat mense by ons weer hoop, geloof en liefde kan vind.

Ons wil soos familie wees: saam, beter, sterker. Daarom staan die erediens in ons gemeente sentraal as die bymekaarkom plek van die huisgesin van die Here. Daarvandaan wil ons die aangename geur van Christus grensloos versprei. Kom deel in ons avontuur saam met die opgestane Here.

Volg ons op Facebook by Groepe: Die Leeuhok

Nuutste Artikels

Heroldsbaai Jeugkamp ...
Heroldsbaai Jeugkampterrein.  Heroldsbaai is een van die mooiste kleiner strandoorde aan die Tuinroete, slegs 15 minute se ry van George af geleë. ...
Lees Meer >
Vars Nuus
Bosberaad: Ons gemeente se jaarlikse Bosberaad het op 11 September te Heroldsbaai plaas gevind. ...
Lees Meer >
Fonteintjie Lente ui ...
Lentefees: 'n Skouspeldraai deur die nuwe generasie... ...
Lees Meer >
Read More News...